Notice Board

News/Archives

Skip Navigation
 

Category

Latest News!

Constellation of Sterre

printprint page more photosmore photos

CONSTELLATION OF STERRE tref die Oos-Kaap.

Al gehoor van “ dinge wat jy moet doen voor jy doodgaan”? Om na Constellation of Sterre te gaan kyk, is een daarvan.
Dit is so ‘n Aspoestertjie-verhaal. Eendag was daar drie jongmense wat baie graag sterre wou wees. Hulle neem toe deel in 2007 aan Patricia Lewis se Supersterre op SABC 2. Hulle name is ELSaBé Rademeyer van Jeffreysbaai, Darrius Pillay van Durban en Priscilla Smith van Carltonville. ELSaBé val op nommer 9 uit, Darrius op nommer 7 en Priscilla gaan al die pad na die top 3.

Na die reeks het hulle besluit dat al die glamour nie net daar gaan stop nie en bring hul eie produksie op die been. Constellation of Sterre is gebore en die eerste vertoning was in Amanzimtoti. Daarna het die groepie die Oos-Kaap besoek en was dit ‘n fees! Robert Gillmer van Port Elizabeth het ook intussen by hul aangesluit as MC.

Woensdag 5 Junie is die vertoning by Laerskool Sonop aangebied en almal se monde het oopgehang oor die gehalte vertoning wat die Supersterre gebied het. Toe Darrius lostrek met “De la Rey”, het die saal se dak gelig soos almal saamgesing het. Donderdag oggend is Spandau-skool in Graaff Reinet besoek en menigte handtekeninge en drukkies is uitgedeel. Die aand het Hoër Volkskool se leerders die geleentheid benut om sommer te dans ook gedurende die vertoning.  Met rook en ligte en sang uit die boonste rakke, was dit iets wat hulle altyd sal onthou. Vrydag aand by Andrew Rabie was die kersie op die koek. Die vertoning word net beter en beter. Met “Prayer” wat Priscilla en Darrius saamgesing het, het van die gehoor die oë toegemaak.      “ Tell Him”, wat ELSaBé en Priscilla saamgesing het, het gewys – hulle is Suid-Afrika se eie Celine Dion en Barbara Streisand !

Die sangers is dit eens – die Oos-Kaap het beslis die vriendelikste mense en hul bedank almal wat na hulle kom kyk het. Dan sal hulle ook nie die “spokerige” ontvangs vergeet wat hul in Graaff Reinet gekry het nie – ‘n kasdeur wat vanself oopgaan en ‘n kaggel sonder vuur, maar op ‘n foto wat hul neem, is daar ‘n vuur!
‘n Spesiale bedanking dan ook aan die verkeerspersoneel wat net anderkant Jansenville diens gedoen het, Vrydag oggend. Met hulle op die uitkyk vir nonsens, voel almal veilig op die pad..
 Die vertoning gaan in September na Potchefstroom, Carltonville en Fochville.
Fotos geneem deur Pro Design Photographers

More photos and files